Volgende jaar speel die Cheetahs in die Super 14 as deel van die Sentrale Streek, die Curriebeker nader sy premier fase; die rugbygees vier behoorlik hooggety in Bloemfontein.
Maak gereed want op Woensdag die 7de September gaan daar nog meer rede wees om opgewonde te raak, wanneer die In 2 Touh Touch rugby ligas die Rosestad tref met ‘n groot slag.
Mense neem regoor die land deel aan die ligas en nou is dit Bloem se beurt om ook die opwinding en adrenalien inspuiting wat die groeiende sport bied te beleef.
Spanne sowel as individue word genooi om te registreer en op ‘n liga grondslag teen mekaar te speel.
Wedstryde gaan Woensdae plaasvind op die velde van die Old Greys Sport Klub, ‘n katspoeg weg van die Cheetahs se jagveld.
Spanne kan NOU registreer om seker te wees hulle is daar wanneer die aksie begin!
ALLE belangstellendes; insluitend spelers, skeidsregters, franchisees, borge ens. kan die Touch kantore skakel op 08600touch of e-pos by bloem@touchrugby.co.za vir meer besonderhede.